BOSNAWEEK 10 November 2006
VERBLYF R100 PER VOLWASSENE VIR DIE HELE NAWEEK, KINDERS GRATIS, AS JY
DAGBESOEKER IS, R40 PER DAG. JULLE KAN DIE GELD VIR MY GEE MET AANKOMS.
KONTAK MY VIR BEVESTIGING ASSEBLIEF.
Daar is 5 slaapeenhede waarvan 3 alreeds bespreek is, moet nie luuksheid
verwag nie
Eie Beddegoed
Eie Eetgerei (bakke, potte, braaigerei etc)
Eie Drinkgoed EN cooler boxes en ys, ons kan in die dorp gaan aankoop
(miskien sal ek kan kry)
Eie Eetgoed
Tente as dit moontlik is, daar is baie staanplek, SONDER krag natuurlik (ek
sal sommer langs die kampvuur omkap, gaan nie nog neuk met 'n tent nie)
Elke gesin bring seblief 2 sakke charcoal, een swart sak, toiletpapier,
skottelgoed seep, vadoeke etc, DOOM vir al die uhm... goggas.. etc.. julle
weet mos wat om te vat vir 'n kamp man -lol bring nog wat julle dink is
nodig.. oooo ja, natuurlik muskietgoete..
Bring genoeg kos vir julle vir ontbyt, middag en aandetes, julle kannie van
alkohol alleen lewe nie (hoop Bykie bring haar rooi wyn - The Hand will be
ready) -lol AS julle nie die kos so ver wil piekel nie, dan kan julle in die
dorp gaan koop...
Die mans kan maar 'n saag en byl bring, dit is taamlik primatief, so ons
gaan moet hout kap. Die mans sal moet donkie stook -lol
Ek gaan nie hierdie jaar kos maak nie, daarom moet julle eie kos en potte en
panne bring. Ons sal onder mekaar besluit oor slaaie etc, die dorp is 10km's
van Die Plekkie, ons kan inry en gaan aankope doen. Die een wat 'n kitaar
het, bring saam, daar sal NATUURLIK 'n kampvuur wees.
IEMAND het aangebied om 'n skaap te skenk, daai iemand moet my kontak sodat
ek kan reel vir die spitbraai.... KLINK LEKKER, (reminds me, ek sal vir
Goldie moet kontak om daai skapie te kom braai) As ons wel gaan spitbraai
hou, dan sal julle nie vir die Saterdag vleis hoef aan te skaf nie.
Ek sal NATUURLIK sorg dat daar musiek is, hoe dan anners.
Indien enige verdere vrae, e-mail my by ysie@artslink.co.za
Groete
Ysie view map